Gloster Gauntlet | |
---|---|
Tipe | Vegter |
Vervaardiger | Gloster Aircraft |
Nooiensvlug | 1933 |
Bekendstelling | 1935 |
Onttrek | 1943 |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag Finse Lugmag Deense Lugmag |
Vervaardig | 1933–1936 |
Aantal gebou | 246 |
Ontwikkel van | Gloster S.S.19B |
Weergawes | Gloster Gladiator |
Die Gloster Gauntlet is 'n enkelsitplek, dubbeldekkervegvliegtuig wat deur die Britse Lugmag (Royal Air Force) in die 1930's gebruik was. Dit was die laaste RAF vegvliegtuig wat 'n oop kajuit gehad het en die tweede laaste dubbeldekker wat aktiewe diens gedoen het in die RAF.
Die Gloster S.S.18 se nooiensvlug het in Januarie 1929 plaasgevind. Dit is uit die Gloster S.S.19B ontwerp ontwikkel. Die S.S.19 prototipe het 'n nuwe enjin, 'n Bristol Mercury VIS, gebruik en vir die eerste keer in 1933 in dié vorm gevlieg.[1] Nadat die S.S.19 deur die Ministerie vir Lugvaart getoets is, is 'n bestelling vir 24 vliegtuie in September 1933 geplaas. Die vliegtuie sou as die "Gauntlet" bekendstaan.[1] Die aanvanklike bestelling is opgevolg met bestellings vir die aangepaste Gauntlet Mk. II. Die nuwe model het 'n opgedateerde konstruksietegniek gebruik, gegrond op dié wat vir die Hawker gebruik is. Dit was nadat Hawker Gloster oorgeneem het aangesien dit baie makliker was om die Gloster se gesweisde struktuur te bou en herstel.[1] 'n Totaal van 204 Mk IIs is in die Verenigde Koninkryk vervaardig.